Main menu:
Akademie
Vyf Monumentare kry elk 9 A's!
Monnas se 2010 matriekuitslae het voorwaar die kroon gespan op 'n jaar wat reeds vele hoogtepunte opgelewer het. Nie alleen kan dié skool spog met puik prestasies op sport en kultuur gebied nie, maar ook met 451 onderskeidings deur hul matrieks. Dit is die meeste deur enige skool aan die Wesrand. 70% van die matrikulante slaag met universiteitsvrystelling. Nie minder as 5 matrikulante slaag met 9 onderskeidings en 'n verdere 4 met 8. Dit is werklik 'n uitsonderlike prestasie. 38 Leerders het die eksamen met 'n gemiddeld bo 80% geslaag. Baie geluk aan al die leerders wat nie net verlede jaar nie, maar ook die afgelope 5 jaar Monnas hoë hoogtes help bereik het. Dit onderstreep weereens Monnas se strewe om gebalanseerde volwassenes die wêreld in te stuur.
Die volgende leerders was die top presteerders:
9 ONDERSKEIDINGS
Rike Lombard
Kara Lombard
Lara Duvenage
Tiana Koning
Retha Vergeer
8 ONDERSKEIDINGS
Sharné Denner
Hein Geldenhuys
Maryna Goosen
Natasha Auret