Main menu:
Sport > Atletiek
TOP 10 Atletiek byeenkoms 9 Feb 2011 te UJ Bane
Vir die tweede jaar in 'n ry het Hoërskool Monument met die louere as TOP 10 kampioene weggestap. Monnas het 'n totaal van 905 punte ingesamel om in die eerste plek klaar te maak met Menlopark in die tweede plek met 842 punte. Hieronder die finale puntestand.
|
Hoerskool Noordheuwel het op Woensdag 9 Februarie hulle 23ste TOP 10 atletiek byeenkoms by UJ se velde aangebied. 1 Monument 905 |
Tebogo Mammathu van Hoerskool Monument hardloop gerieflik voor om die 100m vir d/o 17 in n tyd van 12,10 te wen.
|
Baie gemaklik hardloop Olebogeng Masethle van Hoerskool Monument in n nuwe rekord tyd van 1:57,00 oor die wenstreep tydens die 800m vir s/o15. Olebogeng het ook die 1500m rekord verbeter na n skitterende tyd van 4:03,53
|
Die kaptein van Hoerskool Monument se atletiekspan Jonty Fitsgerald seil oor die tweede laaste hekkie en wen die 110m hekkies item vir s/o 19 in n skitterende tyd van 14,36. Die bestaande TOP 10 rekord is 14,14. Amper Jonty. |
Johnny Botha van Hoerskool Monument moes die diskus net 0,14cm verder gegooi om die rekord te verbeter van dei diskusgooi vir s/o 19. Sy afstand van 51,62m was genoeg om vir hom n goue medalje te besorg. |
Sub-Menu: