Algemeen - Monnas Webtuiste

Go to content

Main menu

Algemeen

Sport > Krieket
 

SENTRAAL-WES vs WESRAND WENNERS - 1e SPAN

MONNAS vs NOORDHEUWEL

10 OKTOBER 2009

Die afgelope naweek het Hoërskool Monument vir Noordheuwel die loef afgesteek in ‘n kwalifiserende rondte wedstryd om die Noordvaal Trofee.

‘n Wispelturige blad het beide spanne swak laat vaar met die kolf.  Noordheuwel wat die loot gewen het, het Monument ingestuur om te kolf en na ‘n skamele 167 almal uit in die 34e beurt was die tuisspan se gemoedere maar laag.

Met Noordheuwel teen etenstyd 28/2 en tydens die eerste teepouse alreeds 76 vir 6 was die vet in die vuur.  Briljante veldwerk en gedetermineerde boulwerk het Noordheuwel laat struikel tot ‘n finale telling van 135.

Die beste kolwer van Monument was Otto Pasch met 41 lopies en die beste boulers Matthew Larkins;     5 vir 48 en Heinrich Pawson 2 vir 27 in hul onderskeie boulkwotas.

Geluk seuns en sterkte vorentoe.



 
 
 
 
 
 
Back to content | Back to main menu