Monnas Webtuiste


Go to content

Main menu:


Classic Clash

Sport





Monnas gasheer vir eerste Waterkloof-Clash
Afskop: 14:00- Regstreeks uitgesaai op Supersport!

Hoërskool Monument bied 21 Mei 2011 die 1ste FNB Classic Clash tussen die kragte van onderkeidelik Gauteng- en Noord- Gauteng aan. FNB het nie geskroom om hul hande wyd oop te maak in die borg van die spoggeleentheid nie.




In die afgelope 4 jaar kan Waterkloof en Monument tereg beskou word as die top skole in die Noorde van Suid Afrika. Dit word bewys deur die feit dat beide skole die Beeld trofee vir Makroskole oorheers het. Die Monnas Wit Bulle het die beker die afgelope twee jaar gewen-telkens teen Waterkloof. Hierdie jaar se Classic Clash behoort 'n titaniese wedstryd op te lewer en kan as voorspel dien vir nog kragmetings later in die jaar.

Die Netbal-spanne speel as gevolg van provinsiale uitspele reeds Vrydag 20 Mei teen mekaar. Die Hokkiespanne van die twee skole sal 'n deel van die verrigtinge uitmaak. Dit sal daartoe bydra om die geleentheid iets besonders te maak.

Die feit dat dit Monnas se 90-jarige bestaansjaar is en dat Supersport die wedstryd regstreeks sal uitsaai maak die dag 'n ware spesiale geleentheid.
Monnas beskou dit as 'n eer om met FNB se skolereeks geassosieer te word.




Tuisblad | Algemeen | Monumentare | Akademie | Sport | Kultuur | Nuus | Sosiaal | Site Map


Back to content | Back to main menu