Main menu

Met die stigting van Hoërskool Monument op 1 Februarie 1921 as die Afrikaans Medium Hoërskool Krugersdorp, het min mense seker besef watter roemryke geskiedenis oor die jare by hierdie skool opgebou sou word.
Reeds vroeg in die skool se bestaan was daar ontwrigtings – soos die stakings in 1922 en leerdergetalle wat in 1925 gedaal het, omdat baie leerders vanweë die swak ekonomiese toestand moes gaan werk -
Ná die ingebruikneming van die hoofgebou is daar voortgegaan om ongeëwenaarde prestasies te lewer -
Die nuwe millennium het ook weer ‘n nuwe era vir Monnas ingelei met die verkryging van parallelmediumstatus. Hierdie besluit wat met die nodige voorbehoude geneem is, het die skool na ‘n ongekende bloeitydperk gelei.
Die jarelange bestaan het van Monnas ‘n tradisieryke skool gemaak waarop elke Monumentaar ongelooflik trots is. Die tradisie en atmosfeer in Monnas wat van ‘n leerder ‘n Monumentaar maak – is ‘n erfenis wat jy van niemand kan wegneem nie – dit bly vir ewig deel van jou. Wanneer ‘n mens op die kampus beweeg word jy deeglik bewus van die besonderse gees wat hier heers. Elke gebou op die kampus lei ‘n sekere tydvak in en elke gedenkplaat en monument getuig van ‘n trotse verlede.
Oor die afgelope jare het Monnas manne en vroue opgelewer wat hulle plek op vele terreine in die samelewing volgestaan het deur die leuse van “Liewer slyt as roes” met trots uit te leef. Ons bring hulde aan elkeen van hulle!
Mag Monnas steeds voortgaan om te streef na uitnemendheid en voortreflikheid om die uitdagings wat die toekoms aan ons stel positief tegemoet te gaan, met ‘n vaste vertroue op ons Skepper wat alles vir ons moontlik maak.
J P DU TOIT
SKOOLHOOF