HANDBOEKBELEID / TEXT-BOOK POLICY
|
By Hoërskool Monument streef ons na die beste en daarom huiwer ons nie om ons leerders van die beste handboeke te voorsien nie. Daar word jaarliks ruim begroot om te verseker dat hierdie handboeke van die hoogste standaard is en dat daar tred gehou word met die nuwe kurrikulum.
Hierdie is 'n voorreg en vereis 'n sekere verantwoordelikheid van ons leerders.
Hulle ontvang die handboeke gratis aan die begin van die jaar en na afloop van die jaar verwag ons dat dit in 'n goeie toestand aan ons terugbesorg sal word.
Indien 'n handboek verlore raak, moet die leerder 'n bedrag van R100 inbetaal by die finansiële kantoor en die kwitansie moet ingehandig word by sy graad se boekstoor saam met die res van sy handboeke.
Alhoewel leerders wat handboeke verniel het, steeds die boeke moet inhandig, sal 'n boete van R50 per beskadigde item gehef word, wat ook betaalbaar is by die finansiële kantoor.
Indien 'n leerder nie al die handboeke wat hy/sy aan die begin van die skooljaar ontvang het, inhandig op die voorafbepaalde datums nie, sal sy/haar rapport teruggehou word. So 'n leerder sal dan op 'n "swartlys" geplaas word en sal nie die volgende jaar se handboeke ontvang alvorens sy/haar handboeke ingehandig is nie.
Indien 'n leerder die skool verlaat voor die einde van 'n skooljaar, sal die uitgee van 'n oorplasingsertifikaat o.a. daarvan afhang of al sy handboeke ingehandig is.
Die handboeke moet opgemaak wees in 'n pakkie en al die handboeke moet op een slag ingehandig word. Die datums vir inhandiging sal aan die leerders deurgegee word.
Daar is afsonderlike boekstore vir elke graad. Aan die begin van die jaar (die Dinsdag voordat die skool amptelik open), sal die boekstoor oop wees sodat leerders reeds voor die aanvang van skool hulle handboeke kan kom afhaal. Dit is raadsaam dat leerders van hierdie geleentheid gebruik sal maak om hulle boeke te kom afhaal, aangesien die opvoeders so gou as moontlik met die sillabus wil begin.
|
At Monument High we strive for the best and therefore we do not hesitate to supply our learners with the best text-books. Every year we budget abundantly to ensure that these text-books are of the highest standard and that we keep up with the new curriculum.
This is a privilege and demands a certain level of responsibility from our learners.
They receive their text-books free of charge at the beginning of the year and at the end of the year we expect that these books are handed back in a good condition.
If a text-book is lost, the learner must pay an amount of R100 at the financial office. The receipt must be handed in at his/her grade's book depot with the rest of his/her textbooks.
Damaged text-books must still be handed in, but a fine of R50 will be imposed for every damaged item. These fines are also payable at the financial office.
Should a learner fail to hand in all the text-books that he/she had received at the beginning of the year on the set dates, he/she will not receive his/her report. Such a learner will then be "blacklisted" and will not receive the next year's text-books until we have received all the outstanding items.
If a learner leaves the school before the end of a school year, his/her transfer card will only be issued once all his/her text books have been handed in.
The dates on which the text-books are to be handed in, will be communicated to the learners. The text-books must be tied together and must all be handed in on ONE of these days.
There are separate book depots for each grade. At the beginning of the year (the Tuesday before school officially starts), the depot will be open so that the learners can fetch their text-books before the school year starts. It is advisable that learners make use of these opportunities to fetch their books, as the teachers want to start with the syllabus as soon as possible.
|
Die tye is as volg: Dinsdag (11 Januarie 2011): 09:00 - 12:00, 13:00 - 15:00
Die res van die eerste skoolweek sal die boekstoor elke middag oop wees van direk na skool tot 15:00.
|
The depots will be open as follow:
Tuesday (11/01/2011): 09:00 - 12:00, 13:00 - 16:00 The depots will also be open every afternoon of the first school week (Wednesday - Friday) from directly after school until 15:00.
|
Boekstore en verantwoordelike Personeel: Responsible Staff: Gr. 8
Me L Pienaar Me T Casaleggio
Gr. 9
Me L van der Walt Me L Mieny
Gr. 10
Me L Kruger Me R de Beer
Gr. 11
Me M Spiro Me A du Preez
Gr. 12
Me L van der Westhuizen Me A Maartens
|