Jukskei - Monnas Webtuiste

Go to content

Main menu

Jukskei

Sport
 

Monnas Jukskei 2011

Monnas Seuns O/19 wen vanjaar die Direkteursbeker die eerste keer in die geskiedenis van die skool.  Dit is ook dan vanjaar die enigste Direkteurstrofee wat Monnas gewen het vanjaar vir O/19-spanne.  Tydens die Direkteursbeker finaal wat plaasgevind het in Middelburg het Monnas karakter gewys en teen tradisioneel sterk jukskei skole geseëvier.
Die uitslag was:    
Hoërskool Monument         56.5
Hoërskool John Vorster         50.0
Afrikaans Hoërskool Seuns Skool   47.0
Hoërskool Morgenson         39.5

Die span was:



Voor:    Dirk Badenhorst (kapt.), Tinus Barnard (Afrigter), Johan Botha
Agter:   Johannes Badenhorst, Kobus Steyn en Henrique Zeelie.


Die dogters Jukskei span het vanjaar tweede in die Gauteng Wes liga ge-eindig.  Die span was:



Voor:   Chanté Botha, Tinus Barnard (Afrigter) en Felicia Fick.
Agter:   Jene Steyn en Natasja van der Schyff

Verskeie spelers van Monnas is ook vanjaar genooi na die Gauteng Wes proewe waar die volgende spelers Gauteng Wes Kleure verwerf het:  Chanté Botha, Felicia Fick, Dirk Badenhorst, Johan Botha, Johannes Badenhorst, Kobus Steyn, Henrique Zeelie en Jaco Uys.

Ook het Monnas bygedra om spelers aan Suid-Afrika te verskaf toe Bonita Fick en Dirk Badenhorst gedurende Meimaand in die toetsreeks teen Namibië in Windhoek deelgeneem het.


 
 
Back to content | Back to main menu