Koor - Monnas Webtuiste

Go to content

Main menu

Koor

Kultuur / Culture
 
 

Monnaskoor

Om ‘n lid van die Monnaskoor te wees, beteken om deel te wees van die grootste span in die skool.  Dit vereis nogal beplanning en oefening om 103 koorlede presies dieselfde aksie te laat uitvoer op een gegewe moment! Die gemengde koor by Hoërskool Monument kom al ‘n lang pad. Die koor het sy ontstaan gehad in 1996 en staan sedert 2001 onder die leiding van Nelda Swanepoel.  Met haar entoesiasme en geesdrif het die koor gegroei tot die huidige 103 lede.

Die koor sien uit na gereelde hoogtepunte gedurende die jaar.  In die eerste kwartaal word die jaarlikse koorkamp gehou, waar harde werk en pret en plesier met mekaar meeding.  In Meimaand tree die koor as gasheer op by die Viva la Musica Koorfees, waarheen kore uit die omgewing genooi word.  In 2009 vind die koorfees plaas op 14 Mei.  Die koor neem ook gereeld aan kunswedstryde en die Tswane Jeugkunstefees deel.  Die jaarlikse Prestige-aand, gekombineer met ‘n Kersprogram en matriekafskeid vind in September plaas.

Die koor oefen op ‘n Maandag van 16:30 tot 19:00 by die Magneetskool.

 
Back to content | Back to main menu