Main menu
NIE NET 'N DROOM NIE MAAR 'N WERKLIKHEID
Monument Hoërskool CP Koshuis is 'n pragtige ou stewige gebou, ryk aan karakter en tradisie. Waarom word dit nie gemoderniseer nie? Elke ware Monumentaar sal weet -
TV
Dogters sowel as seuns het die voorreg om gebruik te maak van 'n televisie wat in die eetsaal aangebring is.
GODSDIENS
Elke oggend en aand is daar stiltetye. Sondagaande is daar 'n verpligte aanddiens. Weeksdae, tydens aandetes, word daar huisgodsdiens gehou. Eie godsdiens vroeg in die oggende en laataande (stiltetye) moet deur mede koshuisgangers gerespekteer word.
SNOEPIE
'n Snoepie is vir vasgestelde tye -
STUDIE
Daar is daagliks verpligte studietye. Goeie akademiese presteerders studeer in hul kamers. Die ander leerders studeer onder toesig in die Studiesaal. Behalwe vir hierdie ure mag daar ook selfstudie gedoen word. "Laatligte" moet vroegtydig gereël en bespreek word. Indien 'n koshuisganger nie gedissiplineerd in die kamer studeer nie, mag hy/sy deur die onderwyser aan diens aangesê word om onder toesig in die Studiesaal te studeer. Swak presteerders word ook deur dié reëling geraak. Selfone moet afgeskakel wees tydens verpligte studie-
ETES
Ontbyt: 06:30; Middagete: Tydens die skool se 2de pouse; Aandete: 17:30
Elke ete is verpligtend aangesien daar presensie geneem word.
KOSHUISVADER EN SY VROU
Dié personeel tree te alle tye "locus parente" op. Die koshuisvader en sy vrou se deur staan altyd vir die leerders oop en hulle moet die vrymoedigheid hê om enige tyd, met enige probleem of versoek na hulle te gaan. Die sake sal met liefde, en met konfidensialiteit hanteer word. Die leerder se belang word altyd eerste gestel. Noue skakeling tussen koshuis en ouerhuis is van uiterste belang. Die ouers word altyd op hoogte van sake gehou en voortdurend betrek by die opvoeding van hulle kind.
TOESIG
Daar is 4 mans-
MATRONES EN ASSISTENTE
Die matrones sorg dat alles in die kombuis reg verloop. Hulle sien ook toe dat die Assistente die gange, badkamers en gebou netjies en skoon hou. Die kos is van uitmuntende gehalte.
WASGOED
Daar is wasbakke in die badkamers waarin persoonlike kledingstukke gewas kan word. Indien 'n leerder groter hoeveelhede wasgoed gewas wil hê, kan dit by die koshuis ingehandig word. Wasgoed moet baie deeglik gemerk word en op 'n wasgoedlys ingevul word. Die was van wasgoed moet met die Matrone gereël word.
DAAGLIKSE ROETINE
05:45 Wakkermaak en opstaan;
06:15 Inspeksie;
06:20 Stilte (eie godsdiens);
06:30 Ontbyt;
07:15 Skooltoe;
12:00 Middagete;
17:30 Aandete;
18:45 Eerste aandstudie;
19:30 Vryetyd
20:00 Tweede aandstudie;
21:00 Einde van tweede aandstudie;
21:20 Tyd vir persoonlike stiltetyd
21:30 Ligte uit
Selfone moet afgeskakel wees na ligte uit. Indien enige nood-
TUISVERPLEGING
Die Koshuis kan slegs noodhulp aan 'n leerder verleen totdat die ouers die siek leerder kom afhaal. Indien 'n leerder tydens skoolure siek word, moet die leerder so gou moontlik by die skool afgehaal word deur 'n ouer of wettige voog en die Koshuisvader moet sodanig ingelig word.
SOSIAAL
Die koshuisleerders braai op gereelde basis vleis. Koshuissokkies word ook gereeld gehou. Die groot hoeveelhede seuns wat saans, na die ete, met balspeletjies op die rugbyveld besig is, is reeds 'n bekende gesig by Monnas.
VEILIGHEID
Die veiligheid van die leerders is baie belangrik. Die deure word so ver moontlik, altyd gesluit gehou, sodat die onderwyser aan diens die kom en gaan van die leerders kan kontroleer. Aangesien die dogters in een vleuel woon en die seuns in die ander, is daar 'n skeidingsdeur wat elke aand om 21:00 gesluit word. Geen leerders mag die koshuisgronde verlaat sonder die medewete van die onderwyser aan diens nie. Indien die leerder wederegtelik die terrein sonder enige toestemming sou verlaat, sal die koshuis nie verantwoordelik gehou word vir sodanige veiligheid nie.
TELEFOONHOKKIENOMMERS
SEUNS: 011 665 5150 / 011 953 6016
DOGTERS: 011 660 5219 / 011 665 4770
Selfone is gerieflik, maar word op eie risiko in die Koshuis toegelaat. Die Koshuis aanvaar geen verantwoordelikheid daarvoor indien dit gesteel of verlore sou raak nie.
VERDERE INLIGTING
Vir verdere inligting oor wat hierdie unieke Koshuis u kind kan bied, skakel die Koshuisvader -
Jakkie van der Walt -