Monument Hoërskool

  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
Home Rugby

Rugby

E-mail Print PDF

Goue Leeus se verlies is Monnas se wins

Dit is met groot trots dat Hoërskool Monument aankondig dat die alombekende Rugby Administrateur, Wynand Moolman, aangestel is in die warm stoel by Monnas - Direkteur van Rugby.

Wynand word nie verniet na verwys as Monnas Moolman nie.  Hier is ‘n man wat weer die trots en tradisies gaan terug- bring na Monnas toe.

Kom ons hoor wat Wynand te sê het:  "Ek is ongelooflik bevoorreg en baie nederig om die geleentheid te kon kry om aan die bestuur van Monnasrugby te staan.  My jare by die G.L.R.U. was ongelooflik bevredigend en die Unie sal altyd ‘n spesiale plek in my hart hê.  Tog voel ek ek kan ‘n meer direkte verskil in baie jongmense se lewens maak deur rigting te gee aan dié besonderse klomp jong manne by Monnas.  Ja, ek gaan baie klem lê op die huidige rugby tradisies waar my voorgangers en veral Hans Coetzee, huidige Leeus Super 14- afrigter, reeds die grondslag gelê het en ek gaan die persepsie dat Monnas spelers koop die nek inslaan.  Die Monnas- handelsmerk is so gevestig en sy markwaarde so hoog, dat dit vanselfsprekend is dat goeie rugbyspelers graag hulle loopbane by ons wil voortsit en word ons gereeld genader deur kwaliteit spelers.  Vir dié seuns kan mens nie teleurstel nie. Ek gaan soos in die verlede intens bemark by die laerskole en laerskooltoernooie, maar die gerugte dat ons sal spelers koop, is nie waar nie.  Ek wil graag die jong seuns wat hulle harte van graad agt af vir Monnas gegee het, die geleentheid bied om eendag vir die Witbulle uit te draf.

Ons is ‘n ongelooflike span afrigters saam, skitterende seuns en dogters wat sport ondersteun, ‘n hoof wat op ‘n besonderse wyse rigting gee en ouers wat nog omgee.


Last Updated on Tuesday, 16 February 2010 08:14  

Newsflash

55 jaar na '55

REÜNIE, 1955 MATRIEKLEERDERS

DATUM:  23 OKTOBER 2010

PLEK:  HOËRSKOOL MONUMENT

Ons is nog dringend op soek na van ons Monnas-klasmaats met die oog op die beplande reünie.  Skakel asb dringend met Chris Bornman 082 787 7163 tot 2 September, daarna met Laetitia de Villiers (Scheepers) by 082 545 9621/ 041 585 4252 / smiles@bitcc.co.za of Alma Landman (Lourens) by 012 804 6380.