Monnas op SA's - Monnas Webtuiste

Go to content

Main menu

Monnas op SA's

Sport > Atletiek
Monnas Atlete Presteer op SA kompioenskappe


Hoërskool Monument in Krugersdorp se atlete het vanjaar weer uitstekende prestasies behaal by die SA Kampioenskappe wat van 24 tot 26 Maart in Paarl plaasgevind het.

'n Totaal van 20 Monnas-atletieksterre  is opgeneem in die Gautengspan.  Al 20 van hierdie atlete het vir hulle onderskeie finale gekwalifiseer.  Tussen hulle het die Monnasgroep, 13 goue-, 3 silwer- en 2 bronsmedaljes verower.  Hierdie prestasie is 'n stille getuienis van die uitstekende kwaliteit atlete wat op die Monnasvelde gekweek word!  

Een van Monnas se atlete, Julia du Plessis het 'n goue medalje verower vir Hoogspring D o/15.  Sy het geseëvier met 'n hoogte van 1.74m, waarmee sy 974 punte op die amptelike ASA tabel verdien het.  Met haar puik ASA punt het Julia die toekenning gewen vir die beste prestasie op SA's deur 'n Dogters Veldatleet.  Haar hoogte van 1.74 was ook die hoogste wat deur enige meisie op SA's gespring is (dit sluit die o/17 en o/19 dogters ook in)!  Voorwaar 'n merkwaardige prestasie!

'n Totaal van 7 Monnas-atlete se prestasies is gereken onder die Top 50 prestasies tydens SA's.  Hierdie statisiek word bereken deur die Top 50 prestasies volgens die ASA tabel te bereken.
3:   Julia du Plessis (974 punte) -  Hoogspring D o/15
12:  Liandrie Geel (941 punte) - Diskus D o/15
17  Gauteng o/15 aflos (Tylo Sargeant) (938 punte)
24:  Ryno Herbst (931 punte) - Diskus S o/15
29:  Olebogeng Masetlhe (927 punte) - 1500m S o/15
38:  Johnny Botha (920 punte) - Gewigstoot S o/19
40:  Zinzi Chabangu (919 punte) - Driesprong D o/15


 
Back to content | Back to main menu