Monnas Webtuiste


Go to content

Main menu:


Monnas in Kwarteind v Noordvaal

Sport > Krieket

Monnas in kwarteind van Noordvaal

Vrydag, 21 Oktober:
3 Seuns nl. Ruhann Ferreira, Justin Joseph en Lourens Loock ontvang hul "Goue Monnas Krieket-pette"
*Vra tog vir Juandre Bester meer oor hierdie geleentheid.....want ek weet nie eintlik wat om hieroor te skryf nie...

Monnas se 1ste span het Saterdag 22 Oktober op ons tuisveld teen Ben Vorster Hoe?rskool van Tzaneen in die kwarteindrondte van die Noordvaal-Trofee gespeel.

Monnas het eerste gekolf en 230/9 aangeteken in sy toegelate 50 beurte.
Ben Vorster is in die 28ste beurt vir net 128 lopies uitgehaal.
Monnas wen dus maklik met 101 lopies.

Uitblinkers in die wedstryd was Henk van Zyl, kaptein, wat 70 lopies van net 63 balle aangeteken het!
Lourens Loock was Monnas se beste bouler met 3 paaltjies. In sy 6 beurte staan hy net 23 lopies af.

Monnas speel eerskomende naweek teen Centurion (wat die afgelope 2 jaar die wenners van die toernooi was) in die halfeindstryd op Monnas se tuisveld.




Tuisblad | Algemeen | Monumentare | Akademie | Sport | Kultuur | Nuus | Sosiaal | Site Map


Sub-Menu:


Back to content | Back to main menu