Main menu:
Algemeen
NuPOWER/TUKS-REEKS
Die "WIT BULLE" doen dit weer!
Op Saterdag, 8 Mei 2010 het die Wit Bulle die NuPower-kompetisie vir eerste spanne weereens gewen!
Hulle klop Hoërskool Centurion in 'n spanningsvolle wedstryd 23 - 17. Die puntemakers is soos volg:
Drieë: Jaco Viljoen & Stefan Nel (10)
Doelskoppe: Marais Schmidt X2
Strafskoppe: Marais Schmidt X3
Verlede jaar was hulle ook die kampioene deur EG Jansen te klop.
Baie geluk aan Marais Schmidt en sy span!!
Afskop van Monnas 7's vir die 2010 Atlantic 7's Skoletoernooi
Monnas begin Saterdag, 11 September 2010 met die verdediging van hulle 2009 Nasionale 7's-Beker wat hulle verower het op Konka Kampe verlede jaar. Ons is dan ook die Saheti 7's-kampioene die afgelope drie jaar!
Hiermee die datums vir die Atlantic 7's-toernooie waaraan hulle gaan deelneem:
Saterdag, 11 September - Hoërskool Kemptonpark
Saterdag, 18 September - Hoërskool Waterkloof
Vrydag, 15 Oktober en Saterdag, 16 Oktober - Hoërskool Monument
Vrydag, 6 November en Saterdag 7 November - Konka Kampe
Daar speel in elke toernooi 16 skole waar daar gespeel word vir die "Cup", "Plate", "Shield" en "Bowl" Kompetisie. Monnas hoop om dan te kwalifiseer in elke toernooi om die "Cup" finaal te wen!
Hiermee die span vir Saterdag, 11 Oktober 2010.
1. Michael Bean
2. Ruan Steenkamp
3. Burger Odendaal
4. Theuns Reynolds
5. Stefan Blaauw
6. Hanco Venter
7. Leon Meyer
8. Jako Viljoen (Kaptein)
9. James Meecham
10. Jonty Fitzgerald
11. Jacko van der Walt
12. Shaun Conradie
Afrigter: Wynand Moolman
Afrigter: Jakkie vd Walt
Spanbestuurder: Werner vd Berg
MONNAS WIT BULLE WEER 3 UIT 3
Monnas het in 2010 weereens die onmoontlike vermag. Die eerstespan van 2009 het ‘n standaard gestel wat volgens kenners nie maklik geëwenaar sou word nie. Dit het ingesluit die NuPower Tuks-titel, ‘n titel wat al die Monnas spanne tevore ontwyk het. Die Goue Leeus-trofee en die Makro-skole Beeldtrofee het gevolg.
Bradley Moolman en sy span het die rekordboeke herskryf. 2010 het begin met ‘n effense benoude afwagting. Hoe gaan iemand ooit 2009 kan nadoen. Verskeie doemprofete het ‘n moeilike seisoen voorspel.
Marais Schmidt en sy span het ander idees gehad. Soveel karakter is selde deur ‘n span getoon. Hul klop Waterkloof in die NuPower semi-finaal en wis ‘n 17 - 3 agterstand teen Centurion uit om met 23 - 17 te seëvier. ‘n Skitterende oorwinning teen Affies volg waarin Monnas op Afrikaans Hoër Seunskool se tuisveld met 42 - 38 as oorwinnaars van die veld stap. Die effense "gly" teen Florida toe hul Monnas met 13 - 12 troef is vinnig reggestel toe Monnas hul met ‘n kragvertoning totaal van die veld vee en die Goue Leeus trofee met 52 - 13 wen.
Twee uit twee. Die sprokie kan verseker nie langer aanhou nie?! Verrassing - Kemptonpark, ‘n klipharde Nelspruit en uiteindelik Waterkloof op hul tuisveld het geleer dat jy nooit ‘n Monnas-span afskryf nie. Van ‘n agterstand van 14 - 7 het Marais Schmidt en sy manne iets getoon wat bitter min spanne hul kan nadoen - Kalmte onder druk. Gepas was dit die kaptein, Marais wat ‘n minuut voor die eindfluitjie ‘n strafskop deur die pale jaag wat die Beeldtrofee weer Krugersdorp toe gebring het. 26 - 25 - Die vreugdevure het lank en hoog gebrand -
Die statistiek vertel alles:
NuPower Tuks kampioene
Goue Leeus Makroskole kampioen
Beeldtrofee wenners
Nog nooit kon enige skool die driekuns wen nie - en nog minder suksesvol verdedig!
Welgedaan - Nou vir 2011