Main menu:
Algemeen
MONNAS VERJAAR - Ons is 90!
2 Februarie 1921 - 2 Februarie 2011
Vanjaar is 'n grootste projek met baie feesvieringe waaraan leerders kan deelneem en alle oud Monumentare harlik na toe uitgenooi word. Die program vir die aktiwiteite is asvolg.
2 Februarie: Verjaarsdag - pretdag
'n Huldigingsprogram met verskeie sprekers vind vanaf 7:30 tot 8:30 voor die Gedenksaal plaas. Daar sal ook 'n program: "Geskiedenis in beeld" deur die drama-leerders opgevoer word.
Hierna, o.l.v die skool se redaksie vind die pret-aksies plaas. Dit behels die doodblaas van 90 kersies op die verjaarsdagkoek - 'n verjaarsdagkoek kompetisie, die loslaat van 90 ballonne en hope pret, pret, pret!
Die entoesiasme vir die kruiwa-stoot kompetisie, wat tussen die KOEDOES, KWAGGAS en BUFFELS gaan plaasvind loop hoog, asook vir die swemgala.
9 - 12 Maart: Monnasfees
9 Maart: Jak de Priester
10 Maart: Talentkompetisie
12 Maart: Entrepreneursdag, sportdag en reünie van oud Monumentare
13 Maart: Gedenkdiens, 10uur in die Gedenksaal
24 Maart: Paasprogram aangebied te Usambara Onthaal-Venue en Kapel
April: Vakansie
19 Mei: 'n Fyn Finesse-aand
. . . waarna alle oud-Monumentare dogters genooi word met vorige hoofdogters as ere-gaste. 'n Ramkat aand vind ook plaas vir alle oud-Monumentare seuns met vorige hoofseuns as ere-gaste.
Indien u 'n hoofseun of hoofdogter was, of ken - kontak asseblief die skool vir verdere inligting.
Junie en Julie: Eksamen en vakansie.
10 - 16 Augustus: Revue
8 September: Gedenktoekenningsaand (aan 'n oud-Monumentaar wat hom/haar op 'n sekere terrein onderskei het. Vorige ontvangers bv. F.W de Klerk, T.T Cloete).
Kontak asseblief vir Rhona Bester, sport@monnas.co.za of (011) 953 1165, uitbreiding 215.
Alle ander kultuuraktiwiteite soos toneel, redenaars, road-shows, koor, debat ens. vind nog soos elke jaar plaas maar vorm nie deel van die breë verjaarsdagprogram nie.
Monnas 90jr Gedenkwyn
GEDENKWYN / COMMEMORATIVE WINE
KO-0RDINEERDER / CO-ORDINATOR |
|
|