Main menu

REDENAARS EN DEBAT
By Hoërskool Monument weet ons dat dit baie belangrik is om gemaklik voor 'n gehoor te kan praat. Ons bied verskeie geleenthede aan leerders om deur die loop van die jaar hulle openbare redenaarsvaardighede te ontwikkel.
Debat: Die ATKV bied 'n uitgebreide debatskompetisie aan en Monnas is entoesiastiese deelnemers. Ons skryf jaarliks ongeveer ses spanne in wat eers aan streeksuitdunne deelneem en gereeld deurdring na provinsiale en selfs nasionale vlak.
Redenaars: Wat redenaars aanbetref het ons vroeg in die jaar 'n Engelse en 'n Afrikaanse Interne Redenaarskompetisie waar ons graadwenners en fasewenners aanwys. Ons neem ook deel aan die Gauteng se Spraakgilde Redenaarskompetisie in Maart en aan die ATKV-
By Monnas kan jy 'n paar keer per jaar op kompeterende vlak praat dat die spoeg spat!