Skoollied/School Code - Monnas Webtuiste

Go to content

Main menu

Skoollied/School Code

Algemeen / General
 
 
 
 
 
 

Skoollied   
Soos die dagbreek oor ons velde
is die stukrag van ons jeug.
In ons strewe na wat skoon is,
na die kennis en die deug.
Vir wat mooi is in ons eie
is ons wil en krag en werk,
vir wat hoog is en verhewe
vir wat edel is en sterk.
Ons durf tot daad en lewe
sal geen weerstand ooit verwoes,
maar gebuk by taaie arbeid
sal ons liewer slyt as roes.
Laat ons saamstaan in ons keuse,
laat die vaandels dan ontvou
met die Monument se leuse
op ons Ougoud, Bruin en Blou!

Woorde:  JC Mentz  (1951)
Musiek:  Pierre Malan  (1962)

Skoollied
Soos die dagbreek oor ons velde
is die stukrag van ons jeug.
In ons strewe na wat skoon is,
na die kennis en die deug.
Vir wat mooi is in ons eie
is ons wil en krag en werk,
vir wat hoog is en verhewe
vir wat edel is en sterk.
Ons durf tot daad en lewe
sal geen weerstand ooit verwoes,
maar gebuk by taaie arbeid
sal ons liewer slyt as roes.
Laat ons saamstaan in ons keuse,
laat die vaandels dan ontvou
met die Monument se leuse
op ons Ougoud, Bruin en Blou!

Words: JC Mentz  (1951)
Music: Pierre Malan  (1962)


Skoolkode

Ek dank God dat Hy my lewe en gesondheid gee.
Ek sal die voorreg wat ek het om te leer nie verwaarloos nie.
Ek sal daarna streef om gesond te wees en te bly, na liggaam en gees.
Ek sal myself probeer leer ken en ek sal selfbeheersing beoefen waar en wanneer dit te pas mag kom,veral as 'n middel tot versterking van my karakter.
Ek sal netjies wees ten opsigte van my persoon, my klere, my boeke, my skoolbank, my omgewing in die klaskamer, my omgewing op die skoolterrein en daar buite.
Ek sal die goeie naam van die skool in ere hou.
Ek sal die eiendom van 'n ander respekteer net soos ek dit van hom
verwag  -  so ook die eiendom van die gemeenskap, soos die gebou, uitrusting en meubels van die skool, en waar ek in die
koshuis is, ook dié van die koshuis.
Ek sal die vereistes van beleefdheid en goeie gedrag oral en altyd nakom. Ek sal veral teenoor oueres beleefd wees.

School Code

I thank God for giving me life and good health.
I will not neglect the privilege I have to study at this school.
I will aspire to be healthy in mind and body.
I will get to know myself better and will practise self-control where and when necessary, to strengthen my character.
I will be neat and tidy on myself, my school uniform, my school books, desks, the environment on the school grounds and beyond.
I will honour the name and reputation of our school.
I will respect the property of others and expect the same in return.
I will respect the property of the community and the school  -  including the buildings, equipment, furniture and that of the hostel  -  if I am a resident there.
I will commit myself at all times to polite and courteous behaviour and especially towards my superiors.


Nationale Volkslied / National Anthem

Nkosi Sikel'iAfrika,
Maluphakanyisw uphondo lwayo,
Yiswa imithandazo yethu,
Nkosi, sikelela, thina lusapho lwayo.

Morena Boloka setjhaba sa heso,
O fedise dintwa le matshwenyeho,
O se boloke, O se boloke setjhaba sa heso,
Setjaba sa South Africa, South Africa!

Uit die blou van onse hemel,
uit die diepte van ons see,
oor ons ewige gebergtes,
waar die kranse antwoord gee.

Sounds the call to come together,
and united we shall stand,
let us live and strive for freedom
in South Africa our land.



Back to content | Back to main menu