Main menu:
Algemeen
VOORWAARDES VIR DIE HUUR VAN ‘N SLUITKASSIE
1. Die sluitkassie bly die uitsluitlike eiendom van Hoërskool Monument.
2. Die sluitkas word op eie risiko gehuur en Hoërskool Monument aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige verlies of skade aan die eiendom wat in die sluitkassie geberg word nie (pasop vir oornag en naweke).
3. Die sluitkas mag slegs voor skool, gedurende pouses en na skool besoek en gebruik word. Geen leerders sal op enige ander tyd by die kassies toegelaat word nie, behalwe as hy/sy vergesel word deur 'n opvoeder.
4. Indien punt 3 oortree word, sal 'n boete van R10,00 (Tien Rand) gehef word. Indien 'n huurder 3 (drie) maal die reël oortree, sal die gebruik en verhuring van die kassie opgeskort word en verbeur so 'n leerder sy/haar geld. Die huurder kan nie weer in aanmerking kom om 'n sluitkassie te huur nie.
5. Die sluitkassie is uitsluitlik vir die gebruik van die huurder.
6. Wederregtelike gebruik van die sluitkassie sal onderhewig wees aan beslaglegging van die inhoud vir verdere ondersoek en optrede.
7. Die sluitkassie moet ontruim word voor die einde van die jaar aangesien die sluitkassie elke jaar opnuut verhuur word.
8. Inspeksie mag deur die owerhede, polisie en enige persoon (met die goedkeuring van die hoof) in teenwoordigheid van die verantwoordelike opvoeder en leerder gedoen word. Indien toegang tot die sluitkassie geweier word, behou Hoërskool Monument die reg om die slot te verwyder sonder die verpligting om die slot te vervang.
9. Elke huurder is verantwoordelik vir sy/haar eie slot. Geen kombinasieslotte sal aanvaar word nie.
10. Met die aansoek vir die huur van 'n sluitkassie moet die aansoek vergesel word van 'n duplikaatsleutel in 'n koevert wat voorsien sal word. (Die duplikaatsleutel sal nie beskikbaar gestel word vir die gebruik as die huurder se sleutel vergeet word nie, ook nie aan enige ander persoon nie.) Addisionele slotte is teen R15 elk by die Finansiële kantoor beskikbaar.
11. Indien enige ongewenste voorwerpe, vuurwapens, ammunisie, sigarette, drank, dwelms, ens. in die sluitkassie gevind word, verbeur die betrokke huurder onmiddellik die verdere gebruik van enige sluitkassie en gelde.
12. Geen gesamentlike gebruik of onderverhuring van 'n sluitkassie sal toegelaat word nie.
13. Indien die terrein gesluit is, sal toegang tot die sluitkassie verbode wees.
14. Beskadiging van die sluitkassie sal onderhewig wees aan die vervanging van die sluitkassie deur die huurder.
15. Huurders van sluitkassies sal voorkeur geniet vir die huur van 'n kassie die volgende jaar.
16. Huur van sluitkassies: R120 - Vollengte, R60 - Halflengte.
CONDITIONS CONCERNING THE HIRING OF A LOCKER
1. The lockers remain the property of Monument High School.
2. Renting of lockers takes place at own risk. Monument High School does not take any responsibility for the loss or damage of property kept in the locker. Be advised not to leave any valuables overnight or over the weekend.
3. Students may only have access to the lockers before school, during breaks and after school. No student is allowed at the lockers at any other time except if accompanied by a teacher.
4. If above mentioned rule is not adhered to, a fine of R10 (Ten Rand) will be payable. If this rule is broken for a third time, it will result in termination of hire of the locker with immediate effect. No refund will be paid and the student may not re-apply to rent a locker there after.
5. The use of the locker is exclusively for the leaser.
6. Illegal use of lockers will lead to the confiscation of the contents for further investigation.
7. Lockers must be cleared before the end of the year as the lockers will be re-allocated at the beginning of each year.
8. Inspections may be done by authorities, police and any other person (with the approval of the headmaster) in the presence of the teacher in charge and the student. Should access to a locker be denied, Monument High School retains the right to remove the lock without the obligation of replacing it.
9. Students must supply their own lock for their locker. No combination locks will be accepted.
10. When applying for a locker the application form must be accompanied with a duplicate key. Envelopes will be provided for the duplicate key. (The duplicate key will not be available for use if the student forgets his/her key or for the use by any other person). Additonal locks are available for R15 each at the Financial office.
11. Students found to be storing any illegal matter (weapons, ammunition, cigarettes, alcohol, drugs, etc.) in their locker will forfeit the use of the locker and no refund will be paid.
12. No subletting or sharing of lockers will be allowed.
13. When the school grounds are closed, access to lockers are prohibited.
14. Damage to lockers will result in the replacing of the locker by the leaser.
15. Leasers of lockers will have preference to hiring lockers the next year.
16. Hiring of Locker: Full length: R120, Half length R60.