Main menu:
Akademie
MONNAS DEUR PROVINSIE VEREER
Hoërskool Monument is Woensdag, 26 Januarie tydens die jaarlikse prysuitdeling van die Departement van Onderwys (Gauteng Wes) vereer met verskeie toekennings. Toekennings word by dié geleentheid gemaak aan skole wat in hul onderskeie kategorieë die beste gevaar het asook aan die individuele leerders wat die beste prestasie in Gauteng Wes vir 'n betrokke vak gelewer het. Die beste 10 leerders in die distrik gegrond op hul gemiddeld word ook by die geleentheid aangekondig.
Nie minder as 7 van die top 10 presteerders is uit Monnas afkomstig. Dié sewe leerders met hul posisies was as volg:
Kara Lombard (2)
Retha Vergeer (3)
Sharné Denner (5)
Rike Lombard (6)
Natasha Auret (7)
Hein Geldenhuys (8)
Maryna Goosen (9)
Nie minder as vyf van die vaktoekennings het ook aan Monumentare gagaan nie. Dit is veral die prestasie van die Wiskunde leerders wat verstom het. Maryna Goosen en Kara Lombard deel die prys met 'n verstommende 99% terwyl Vicky Wehmeyer die Wiskunde Geletterdheid prys met 93% ingepalm het.
Ander leerders wat ook vereer is, is Samantha Gunn vir die beste prestasie in Dansstudies, Neil Fagan vir Musiek en Danielle Vorster vir haar prestasie in Engels Eerste Addisionele taal.
Die kroon op 'n reeds merkwaardige jaar is gespan toe Monnas aangewys is as die Algehele Top-presterende skool in die Distrik. Volgens Monnas se skoolhoof, mnr Koos du Toit, wat teenwoordig was om die prys te ontvang, is die toekenning die vrug van 5 jaar se positiewe insette en samewerking tussen Monnas se personeel, leerders en ouers.
Dit sluit 'n merkwaardige jaar in Monnas, wat vanjaar hul 90ste bestaansjaar vier, se roemryke geskiedenis af!
Veels geluk aan die matrikulante van 2009 wat puik presteer het!
1. 100% Slaagsyfer - tweede keer hierdie millennium
2. 70% Matrikulasievrystelling - (191 leerders)
3. Vakdruipelinge: 6 uit 1947
4. Vakke met gemiddeld bó 60% = 18; bó 70% = 05
5. Leerdergemiddeld = 64,5%
6. Aantal A's = 291
Aantal met 79% = 42
Aantal B's = 439
7. Leerders met 'n gemiddeld bó 80% = 20
8. Toppresteerders
8 A's: Friederike Scholtz
7 A's: Alisha Botes; Lise-Mari Durant; Angelique Strauss; Adè van Heerden
6 A's: Carena du Plessis; Alicia Jordaan; Janene Kruger; Madelaine Redelinghuys; Jaco Taute; Calvin van Rooyen; Esmé Voogt
5 A's: Marili Auret; Donya Austin; Bianca Beukes; Jaco Steyn; Alexa van der Walt;
4 A's: Annelise Crous; Nicole Koekemoer; Chantal Overvliet; Bianca Smit; Carl Smit; Alicia Strydom; Devan van der Vyver; Nadine van Rooyen; Stefan van Zyl
Vakgemiddeldes bo 60%
1. |
Musiek |
95,0% |
2. |
Musiek (ABRSM) |
86,0% |
3. |
Wiskundige Geletterdheid |
72,2% |
4. |
Lewensoriëntering |
72,4% |
5. |
Inligtingstegnologie |
72,0% |
6. |
Afrikaans Eerste Additionele Taal |
70,5% |
7. |
Engels Eerste Additionele Taal |
68,0% |
8. |
Afrikaans Huistaal |
67,0% |
9. |
Drama |
67,0% |
10. |
Ingenieursgrafika en Ontwerp |
65,0% |
11. |
Dansstudies |
63,0% |
12. |
Besigheidstudies |
62,8% |
13. |
Kuns |
62,5% |
14. |
Rekeningkunde |
62,4% |
15. |
Wiskunde |
62,0% |
16. |
Engels Huistaal |
61,2% |
17. |
Toerisme |
61,2% |
18. |
Lewenswetenskappe |
60,0% |
Net onder 60%
1. |
Gasvryheidstudies |
59,9% |
2. |
Geografie |
59,9% |