Monnas Webtuiste


Go to content

Main menu:


Voornemende Monumentare

Monumentare

2012 Aansoekvorm
2012 Application

Download here.
Laai hier af (2.6MB)

Toelatingsvereistes

Ouers / voogde van leerders moet die Christelike karakter en belydenis van die skool, soos gebaseer op die Bybel as die Woord van God, onderskryf.
Toelating van leerders is onderhewig aan die beskikbaarheid van akkommodasie.
Die ouderdom van 'n leerder mag nie die gemiddelde ouderdom van die leerders in sy / haar betrokke graad met twee jaar oorskry nie.
Ouers / voogde en leerders moet onderneem om die skool se reëls te eerbiedig en die Gedragskode te aanvaar.
Ouers / voogde moet onderneem om die finansiële verpligtinge, soos deur die Beheerliggaam bepaal, stiptelik na te kom, soos uiteengesit in die Ooreenkoms tot Onderrig.



Admission Requirements

Parents / guardians of learners should endorse the Christian character and creed of the school, as based upon the Bible being the Word of God.
Admission of pupils is subject to availability of accommodation.
The age of a learner may not exceed the average age of learners in his / her grade by more than two years.
Parents / guardians must undertake to accept and adhere to the school rules as well as the Code of Conduct.
Parents / guardians should strictly abide by the financial obligation as stipulated by the Governing Body and explained in the Agreement to Tuition.



Geen aansoek sal oorweeg word sonder die volgende nie:

1. Afskrif van geboortesertifikaat;


2. Afskrif van laaste rapport;

3. 2 ID Foto's;

4. Afskrif van laaste water- & ligterekening;



No application will be considered without the following:

1. Copy of birth certificate;

2. Copy of last report;

3. 2 ID Photos;

4. Copy of latest water & electricity account.



BEURSSTELSEL:
Kontakpersone vir navrae

Akademie & Leiers - Anita Malan

Atletiek - Danie Lindeque

Hokkie - Nicky Pawson

Netbal - Elmari van der Vyver

Rugby - Wynand Moolman


Aansoekvorm vir toelating tot Hoërskool Monument.


Uit die Graad 8-kamp

Ek moes my veilige vesting verlaat. Ek bevind my in die land van die reuse! Hulle is massief! Hulle land is groot en hulle noem hulself "Monumentare". Hulle weier dat ons dieselfde klere as hulle dra voordat hulle bloed ook in ons are bruis ...

Om 'n ware Monumentaar te wees, moet jy eerstens kan sing. Hulle skree 'n oorlogskreet, staan dan skielik op aandag, begin trots 'n lied sing wat opbou tot 'n klimaks waar almal skree: "... op ons ougoud, bruin en blou!" (die kleur van hulle oorlogskleed).

Tweedens moet jy jouself ten minste eenkeer te pletter val. Enige Monumentaar wat vir 'n volle vyf jaar op hierdie gronde geloop, gehardloop, geleer, geleef en oorlog gevoer het, móét een of ander tyd letsels opdoen. Die gebied is ongelyk en die skuilings ver uit mekaar.

Die laaste ding wat jy vinnig onder die knie moet kry, is om binne vier minute van punt A tot B, oor 'n enorme afstand te beweeg. Vier minute klink dalk lank, maar probeer oogkontak met die reuse vermy, jou wapenrusting op jou rug balanseer en onderlangs loer of jy nog die pad volg, en vier minute is in 'n oogwink verby.

Ek sal egter uit volle bors sing, my letsels op my knie met trots dra en rats tussen skuilings beweeg, want sáám met hierdie reuse sal ek oorlog maak!

Daniélle Olivier

Graad 8 A

Laerskool is nou verby. Dit is tyd vir nuwe uitdagings. Hoërskool Monument is hier en ek is reg!

My eerste dag in die groot skool was vreeslik deurmekaar. Daar is só baie nuwe gesigte en leerders. Die skool is massief met 1 500 leerders. Hoe gaan ek my pad vind? Ontgroening het begin en dit is vreeslik snaaks, almal geniet hulle gate uit. Tog kan ons nie waag om deur daardie hekkie te stap en trotse Monumentare te word nie. Die skool het soveel tradisies, dit gee jou hoendervleis, ek voel sommer klaar tuis!

Ek kan nie wag om meer van die skool te leer nie. Die gees, die tradisies én die Monumentare - Monnas is second to none"!

Laura van Biljon

Graad 8 A

"MONUMENTARE STAP DEUR DIE MONNAS-HEKKIE"




Monnas word gekenmerk as 'n skool wat trots is op sy unieke tradisies.

Die Monnas-matrieks van 1988 het 21 jaar gelede nog 'n besondere tradisie begin, en tot vandag toe is dit vir elke Monumentaar 'n voorreg om deur die HEKKIE te stap.

Deur aan die begin van jou Monnas-loopbaan by die hekkie in te stap, gee jy die simboliese eerste tree op die Monnas-kampus. Aan die einde van matriek stap elke Monumentaar weer deur die hekkie, maar hierdie keer, asof na buite - 'n simboliese totsiens-sê seremonie.

'n Hek simboliseer 'n ingang sowel as 'n uitgang. Die Monnas-hekkie nooi jou uit om deel te word van ons unieke skool. Die Monnas-hekkie stuur jou met vertroue die toekoms in! Wat egter karakter vorm, is wat Monnas jou intussen bied.

Monnas - second to none!



Tuisblad | Algemeen | Monumentare | Akademie | Sport | Kultuur | Nuus | Sosiaal | Site Map


Back to content | Back to main menu