MONNAS - A school where the leaders of tomorrow can learn and live.
MONNAS IS MEER AS NET 'N SKOOL . . .
Dit is 'n familie waar ons omgee vir mekaar, waar ons seker maak dat elkeen ontvang wat hy/sy nodig het om suksesvol te wees in die lewe. Monnas is nie 'n gebou waar jy jou skoolloopbaan voltooi nie - dit is 'n kompas vir die toekoms. Dit is hier waar die beginsels, waardes en verhoudings vasgelê word as 'n lewenslange rigtingwyser.
SPORT
Sport lê ons naby aan die hart. Monnas bied uitmuntende sportgeriewe vir die volgende: atletiek, gholf, hokkie, jukskei, krieket, landloop, netbal, rugby, skaak, swem en tennis. Ons eerste rugbyspan staan bekend as die "Witbulle" en was al verskeie kere Virsekerbeker-kampioene.
KULTUUR
By Monnas kan jy jouself uitleef na liggaam, siel en gees. Van die kultuuraktiwiteite wat deur die skool aangebied word sluit in koor, debat, redenaars, mej. Monnas en revue. Ons magneetskool vir musiek is van die beste in die land!
>> Lees meer oor Magneetskool.
AKADEMIE
Ons akademiese fokus en uitslae is slegs een van die aspekte wat Monnas een van die top hoërskole in die land maak, en bied die perfekte fondasie vir verdere studie en 'n suksesvolle loopbaan. Monnas bied aan ons leerders 'n wye verskeidenheid van vakke om te kies.
Moenie toelaat dat jou hoop vir die toekoms vertroebel word deur onsekerheid, vrees of 'n gebrek aan geleenthede nie. Monnas is jou sleutel tot 'n gemeenskap van mense waar ons saam speel, leer en werk. en bo alles, kan weet ons toekoms is verseker.
Don't let your dreams for the future be clouded by uncertainty, fear or lack of opportunity. Monnas is your key to a community of people where we play, learn and work together. and above all, know our future is assured.
Skoolfonds 2021
Registrasiefooi: R3000
Skoolfonds: R33000
Voor 28/2 betaal – R1500 afslag