Monnas Koshuis

Die hartklop van Monnas

 Die CP- en HP-Koshuise speel ‘n beduidende rol in die vorming van uitblinkers op elke denkbare platform in die samelewing.  Met groot trots bevestig ons menige toppresteerder, wat Monnas se koshuis eens sy of haar “huis” kon noem. Met toeganklikheid tot die groot verskeidenheid aktiwiteite wat Monnas bied, ondersteun ons elke individu om sy/haar potensiaal te ontdek. Daarom word betrokkenheid by sport- en skoolaktiwiteite baie sterk aangemoedig.

 

Die koshuis is 'n nuwe ervaring vir elke graad 8-leerder wat die koshuis hul voornemede tuiste wil maak. Onder leiding van die koshuisraad word hul verwelkom en touwys gemaak voordat die ander koshuisleerders terugkeer in Januarie.

GESKIEDKUNDIGE OORSIG

Met 37 inwonende seuns word die Transvalia koshuis vir seuns in 1922 betrek. In die laat jare van die 1930’s word die seunskoshuis verskuif na die pastorie van die Hervormde Kerk op die van hoek van Derde- en Bodensteinstraat, wat voortaan bekend sal staan as Hendrik Potgieter-Huis. In 1949 word ʼn seunskoshuis op die perseel gebou, wat steeds Hendrik Potgieter Seunskoshuis heet. Heelwat transformasies volg wat o.a die Magneetskool vir Musiek & die baie onlangse skoolklerewinkel insluit. Nuut opgeknap en smaakvol ingerig bied HP-Koshuis huidiglik huisvesting aan hoofsaaklik die junior seuns.

 

Die eerste dogters neem in 1923 hul intrek by die Harmonie Meisieskoshuis. In 1938 word ʼn nuwe koshuis op die perseel gebou, wat vanaf 1 Desember 1938 bekend sal staan as Christina Pretorius Meisieskoshuis. Heelwat later word veranderinge en verdere aanbouings aangebring; stelselmatig volg ʼn 3-verdieping dogtersvleuel, eetsaal, kombuis en personeeleenhede. Vandag is CP-Koshuis ʼn gekombineerde koshuis wat alle dogters en die senior seuns in afsonderlike vleuels huisves.

Koshuisbestuur

IMG_9466
IMG_9466

IMG_9462
IMG_9462

IMG_9103
IMG_9103

IMG_9466
IMG_9466

1/10

  SKAKELPERSONE & KONTAKNOMMERS

  • CP Koshuisvader:  Mnr Dawie Kruger  084 208 2917

  • CP Koshuismoeder:  Me Lizelle van der Walt 083 459 5517

  • HP Koshuisvader:  Mnr Werner van den Berg 082 819 9392

  • Koshuisbestuurder: Mnr Riaan Swanepoel 079 174 0384

  • CP Epos adres: monnascp@gmail.com

  • CP Diensfoon: 074 167 0794

  • HP Diensfoon: 074 167 0731

  • Skoolkantoor:  011 953 1165/6/7