
AKADEMIE
Ons akademiese fokus en uitslae is slegs een van die aspekte wat Monnas een van die top hoërskole in die land maak, en bied die perfekte fondasie vir verdere studie en 'n suksesvolle loopbaan. Monnas bied aan ons leerders 'n wye verskeidenheid van vakke om te kies.

SPORT
Monnas swaai al vir amper 100 jaar die septer as die kampioene in verskeie sportsoorte! Ons bied iets vir jou maak nie saak wat jou belangstelling is nie. Om meer uit te vind oor die verskillende sportsoorte volg die skakels onder.
Rugby Netbal Hokkie Tennis Krieket Fietsry Swem Skaak Ruitersport Jukskei Atletiek Landloop Muurbal Gholf

KULTUUR
Hoërskool Monument se Magneetskool vir musiek herdenk in 2021 sy 49ste bestaansjaar.
Die musieksentrum, wat in 1972 sy ontstaan gehad het met slegs ‘n handjievol onderwysers en leerlinge, het die toets van die tyd deurstaan. Die sukses van musiekonderrig aan Monnas se Magneetskool word gemeet aan die groeiende hoeveelheid leerlinge wat jaarliks eksterne eksamens slaag, uitstekend presteer tydens deelname aan eisteddfods en ander groot musiekkompetisies en musiek as matriekvak aflê. Kwaliteitonderrig deur spesialisonderwysers is ‘n maatstaf wat ons met trots handhaaf.