Hoërskool Monument stel bekend ons Monnas 100-jaar fees!

Early B, Demi Lee Moore, Appel, Juan Boucher en Bernice West gaan Monnas se legendariese rugbyveld laat skud. Kom geniet 'n dag vol opwinding, ontspanning en plesier saam met familie en vriende. Moenie die kans laat verbygaan om jou gunsteling Suid-Afrikaanse kunstenaars in lewende lywe te sien nie. Laat ons al jou verwagtinge oortref!

U kan u eie drinkgoed saambring, eetgoed sal verkoop word.

Bandjies kan gekoop word by die bemarkingskantoor gedurende pouse en na skool tot 14:00 vanaf 1 Oktober 2020.

 

Early bird bandjies is beskikbaar tot 6 November 2020.
Early bird kostes:
* Volwassenes (met koelhouer) R100

* Volwassenes (sonder koelhouer) R50

* Laerskool- & hoërskoolleerders R50

* Kinders onder 6 gratis

 

Kostes na 6 November 2020:
* Volwassenes (met koelhouer) R150

* Volwassenes (sonder koelhouer) R100

* Laerskool- & hoërskoolleerders R50

* Kinders onder 6 gratis

 

Bring saam:
* U eie kampstoel of piekniekkombers om op te sit;

* 'n Glimlag

* Familie & vriende

* 'n Koelhourer met drinkgoed

 

Los by die huis:
* Eetgoed

* 'n Sambreel

* Jou leerwerk

 

T&C
* Geen terugbetaling op bandjies

* Geen toegang tot die fees sonder 'n bandjie 

  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon
  • White Instagram Icon
  • White YouTube Icon