Magnet School for Music / Magneetskool vir Musiek

Hoërskool Monument se Magneetskool vir Musiek herdenk in 2021 sy 49ste bestaansjaar. Die musieksentrum, wat in 1972 sy ontstaan gehad het met slegs ‘n handjievol onderwysers en leerlinge, het die toets van die tyd deurstaan. Die sukses van musiekonderrig aan Monnas se Magneetskool word gemeet aan die groeiende hoeveelheid leerlinge wat jaarliks eksterne eksamens slaag, uitstekend presteer tydens deelname aan eisteddfods en ander groot musiekkompetisies en musiek as matriekvak aflê. Kwaliteitonderrig deur spesialisonderwysers is ‘n maatstaf wat ons met trots handhaaf.

 

The Magnet School is considered to be one of a few successful departmental music schools. Our pupil number exceeds 200 and learners can choose from a variety of instruments: piano, organ, violin, cello, voice, guitar, recorder, flute & drum kit.

 

Music theory tuition is of outstanding quality here at the music school.

Many of our students, as well as our teachers, are rewarded annually and appear on the UNISA honorary list for exceptional achievements.

 

Our more advanced symphonic instrumentalists are members of provincial as well as national youth symphony orchestras: Simfonia Juventi, Johannesburg Orchestra Company as well as the SICMF Festival- & Concert orchestra. Some of our more gifted learners are also performing as soloists with professional symphony orchestras regularly: Randburg Symphony Orchestra, Gauteng Filharmonic Orchestra as well as Johannesburg Symphony Orchestra.

 

Die Monument Instrumentale Eisteddfod toon volgehoue groei met meer as 1100 inskrywings in 2019. Beoordelaars en deelnemers was eweneens beїndruk met die puik organisasie van die Eisteddfod, asook ons fasiliteite en die standaard van die deelnemers.

 

Ons leerlinge neem deel en presteer ook by ander kunswedstryde en kompetisies. Carina Naudé was in 2018 die wenner van die Philip Moore-kompetisie. Die Tres Amici-klaviertrio was die wenners van SAVMO se nasionale ensemblekompetisie in 2017 sowel as 2018.

By Monnas se Magneetskool is ons trots op elke individu wat hom- of haarself daartoe verbind om ‘n musiekinstrument te bemeester ter wille van die genot daarvan. Met dié uitgangspunt, sien ons uit na ‘n toekoms waar musiekmaak vir Monnas, maar ook vir die gemeenskap, ‘n pronkstuk sal wees.

  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon
  • White Instagram Icon
  • White YouTube Icon