Monnas Rugby

Monnas beskik oor ‘n baie bekwame afrigtingskorps wat jaarliks uitstekende prestasies behaal en talle provinsiale sowel as nasionale spelers oplewer. Daar word jaarliks verskeie vriendskaplike wedstryde teen tradisionele rugby-skole gespeel wat skole soos Grey College, Affies, KES en Jeppe Boys insluit. Monnas speel jaarliks in die Wildeklawer toernooi wat op televisie gebeeldsend word en huisves elke tweede jaar die Mutual & Federal Premier interskole wedstryd teen Glenwood Boys. Die Tuks Skole-reeks is een van die hoogtepunte van die rygbyseisoen, waaraan gerespekteerde Hoërskole soos Waterkloof,  EG Jansen, Kempton Park en Nelspruit deelneem.


Gedurende 2014 word Monnas vir die tweede agtereenvolgende jaar as algehele wenners in die Tuks Skole-reeks gekroon terwyl die 0/14 – 0/16 spanne as wenners van die Beeldtrofee reeks gekroon is. Monnas lewer vanjaar agtien (18) 0/18 en dertien (13) 0/16 provinsiale spelers op, terwyl elf (11) oud-Monumentare in die Currie Beker Kompetisie betrokke was.

Organiseerder: Tjaart van der Walt

1ste Span: WIT BULLE

Spanne: 15

Kontak: rugby@monnas.co.za

Rugbyweke waaraan deelgeneem word:

o/14 Outeniqua rugbyweek in George

o/15 Paarl Bois High rugbyweek in die Paarl

o/16 Paarl Gimnasium rugbytoernooi in die Paarl

1ste Span Kearsney Easter Rugby Festival

Monnas se Kwaggaweek vir 2de spanne

Monnas 7'S Rugby

7’s Rugby is ‘n betreklike nuwe sportsoort in skole. Monnas neem jaarliks aan verskeie 7’s toernooi deel wat die gesogte Best of the West toernooi by KHS en die toernooi van Kampioenne in Skukuza insluit. Afrigters wat spesialiseer in 7’s rugby se kundigheid is jaarliks deurslaggewend en verseker puik resultate.
Gedurende 2014 verower beide Monnas se 0/15 en 0/17 spanne die 7’s titels by die Best of the West toernooi terwyl die 0/15 span die Noordvaal titel ingepalm het.

Organiseerder: Tjaart van der Walt

Kontak: rugby@monnas.co.za

  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon
  • White Instagram Icon
  • White YouTube Icon