VISIE EN WAARDETOEVOEGING

May 8, 2016

 

Dit is ons droom om ‘n toonaangewende skool te wees in ons gemeenskap en in die land.

Ons wil die voorlopers wees op al die gebiede waarop ons onsself begewe.

Ons wil aandag skenk aan beide die ontwikkeling van ons toekoms en die instandhouding van ons verlede.

Ons wil as ‘n tydlose en moderne organisasie bekendstaan.

 

 

Alhoewel daar baie elemente is wat uniek is aan Monnas se waarde toevoeging, is daar een wat verseker uitstaan.

 

Die skool is geanker in sy erfenis, asook uitverkoop aan die toekoms. Monnas bied ‘n unieke ervaring van beide opvoeding en opleiding.


 

Die unieke waarde toevoeging kan dus as volg beskryf word:


By Hoërskool Monument word leerders blootgestel aan kwaliteit opleiding en karaktervolle opvoeding. Ons gebalanseerde benadering maak dit vir leerders moontlik om eendag suksesvolle loopbane te bedryf, terwyl hulle ‘n betekenisvolle bydrae maak tot die samelewing.
1. Deur die ontwikkeling van karakter, persoonlikheid en selfwaardes, word leerders opgevoed om hulle plek vol te staan in die samelewing as heel en gesonde mense.
2. Deur ‘n hoë kwaliteit akademiese opleiding en uitstekende geriewe, word elke leerder opgelei om ‘n sukses te maak van hulle loopbane na skool.

 


 

Please reload

Our Recent Posts

WORD DEEL VAN MONNAS!

January 22, 2019

MONNAS KULTUUR

January 18, 2019

MONNAS TENNIS

January 11, 2019

1/1
Please reload

Tags

Please reload

  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon
  • White Instagram Icon
  • White YouTube Icon