MONNAS RUGBY

October 16, 2018

 

 

 

Rugbyhoof en Hoofafrigter: Tjaart van der Walt


Eerstespan: WIT BULLE
Hoeveelheid spanne: 18
Kontak: rugby@monnas.co.za

 

Monnas beskik oor ‘n baie bekwame afrigtingskorps wat jaarliks uitstekende prestasies behaal en talle provinsiale sowel as nasionale spelers oplewer. Daar word jaarliks verskeie vriendskaplike wedstryde teen tradisionele rugbyskole gespeel.

Monnas speel jaarliks in die Wildeklawertoernooi wat op televisie gebeeldsend word en huisves elke tweede jaar die Mutual & Federal Premier interskole wedstryd teen Glenwood Boys en Waterkloof.


Gedurende 2018 word Monnas vir die tweede agtereenvolgende jaar as algehele wenners in die Tuks Skolereeks en die Virsekerbeker gekroon terwyl die Witbulle twee jaar agtereenvolgend die wenners van die Tuksbeker en die Virsekerbeker is.

Die o.16`s wen ook in 2018 die Tuks- sowel as die Virsekerbeker.

Monnas lewer vanjaar dertien (13) 0.18 en negentien (19) 0.16 provinsiale spelers op, terwyl Monnas in sy bestaan reeds 9 Springbokke en 2 spelers vir Italië opgelewer het.

 

Rugby hoogtepunte 2018:

Algehele wenners van die Virsekerbeker afdeling.

Algehele wenners van Tuksreeks.
Witbulle: wenners van Virsekerbeker, wenners van Tuksreeks
o.16`s; wenners van Virsekerbeker en Tuksreeks

7`s : wenners van die Noordvaalbeker

 

Reekse waaraan deelgeneem word:

- Virsekerbeker,

- World schools Festival

- Noord-Suid Toernooi,

- Wildeklawertoernooi

- Premier Interskole:

- Waterkloof

- Glenwood

 

Rugbyweke waaraan deelgeneem word:

- o.14 Outeniqua rugbyweek in George

- o.15 Paarl Bois High rugbyweek in die Paarl

- o.16 Paarl Gimnasium rugbytoernooi in die Paarl

- Monnas 7’s rugby:
 

 

Monnas bied ook 7’s rugby aan wat ‘n betreklike nuwe sportsoort is in skole. Monnas neem jaarliks aan verskeie 7’s toernooie deel wat die gesogte Marius Schoeman-toernooi by Paarl Gim en die Noordvaaltoernooi insluit.

Afrigters wat spesialiseer in 7’s rugby se kundigheid is jaarliks deurslaggewend en verseker puik resultate. Gedurende 2017 en 2018 verower Monnas se 0.17-span die 7’s titel by die Noordvaaltoernooi.

 

Kondisioneerder : Jan van Rooyen

Spandokter : Dr Jano de Beer

Fisioterapeute : Chris Kamper en Noelle Bester 

BiokineticiTanya Coetzee, Chelize Hübner, Nerina Marais

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Please reload

Our Recent Posts

WORD DEEL VAN MONNAS!

January 22, 2019

MONNAS KULTUUR

January 18, 2019

MONNAS TENNIS

January 11, 2019

1/1
Please reload

Tags

Please reload

  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon
  • White Instagram Icon
  • White YouTube Icon