MONNAS KRIEKET

October 20, 2018

 

Krieket by Hoërskool Monument handhaaf al die afgelope paar jaar ‘n baie sterk krieketkultuur, wat sterk gevestig is in sy waardes, dissipline en etiket. Al die bogenoemde word gerugsteun deur moderne geriewe, tegnologie en topafrigters.

Monnas se fokus is om elke belangstellende krieketspeler (seuns en dogters) te help ontwikkel na die beste van hul vermoëns en geleenthede te bied, maar ook om talentvolle spelers verder te ontwikkel.

 

Toernooie en toere

Die eerste  o.15A krieketspanne speel in Januarie, voor die skole heropen in die Belville-Krieketfees in die Kaap en die o.14A Krieketspan woon die Jaru kriekettoernooi in Brits, Noordwes by.  In Julie speel die eerste krieketspan in die NWU-Winterkriekettoernooi in Potchefstroom, die o.15A’s in die Ben Vorster -kriekettoernooi en die O.14A’s en tweede krieketspanne in  die Potch Volkies Krieketweek in Potchefstroom.  

 

Geleentheid tot deelname en ontwikkeling

Monnas beskik oor nege krieketspanne – o.14A en B, o.15A en B, eerstespan tot derdespan en twee dogterspanne.  Krieket word in die eerste, derde en vierde kwartaal gespeel.  Daar word in die Finsbury en  Johannesburgliga in die eerste kwartaal meegeding en in die Suid-Gauteng, Gauteng-Wes en Evergreen T20-Kompetisie in die derde kwartaal meegeding.  Die wenners van die Suid-Gautengliga dring deur na die Noordvaalkompetisie.  Die eerste krieketspan speel ook in die vierde kwartaal in die Coke T20-Kompetisie.

 

Geriewe

Ons beskik oor puik krieketgeriewe soos ‘n moderne binnenshuise krieketakademie met boulmasjiene.  Ons buite krieketfasiliteite sluit in ses turfnette en drie nuwe sintetiese krieketnette onderdak met ligte (in aanbou).  Monnas het ook ‘n moderne klubhuis met ‘n pragtige krieketovaal.

 

Afrigting

Om optimale blootstelling in afrigting te bied, word alle afrigtingsessies deeglik vooraf beplan. ‘n Eenvormige en volledige program word vir alle groepafrigting saamgestel en sluit sessies by ‘n verskeidenheid fasiliteite in asook die gimnasium.   Monnas krieket beskik ook oor sy eie Biokinetikus wat die spelers help kondisioneer en rehabiliteer.   Winterprogramme word buite seisoen aangebied.

 

Daar word deurgaans gespesialiseerde aktiwiteite vir ons seuns gereël. Spesialis klinieke word op ‘n gereelde basis deur hoogs gekwalifiseerde afrigters aangebied en ons konsentreer veral op gebiede soos kolfwerk, draaibalboulwerk, naatboulwerk en paaltjiewagterskap.

Monnas-krieket  is uniek gefokus op sy afrigting. Konstante verbeterings en die nuutste tegnologie in afrigting word deurgaans aan ons seuns deurgegee. Afrigting is vir alle afrigters ‘n passie!

 

Afrigters

Daar is tans een vlak 3-afrigter aan die skool verbonde: George Engelbrecht (Gauteng o.15-keurder), twee vlak 2-afrigters: Vicky Esterhuizen (Gauteng Wes o.15-afrigter) en Jabu Khwezi (Gauteng Wes-afrigter).

 

Monnas lewer ‘n top krieketspeler op!

Nandré Burger word opgeneem in die opkomende SA-krieketspan wat na Sri-Lanka toer.  

 

Kontakbesonderhede:

Kriekethoof: George Engelbrecht

Kontak: 083 442 5305

E-pos:    krieket@monnas.co.za

 

 

 

 

 

Please reload

Our Recent Posts

WORD DEEL VAN MONNAS!

January 22, 2019

MONNAS KULTUUR

January 18, 2019

MONNAS TENNIS

January 11, 2019

1/1
Please reload

Tags

Please reload

  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon
  • White Instagram Icon
  • White YouTube Icon