MONNAS TENNIS

January 11, 2019

 

Organiseerder: Zelda Prinsloo

Hoërskool Monument spog met ‘n dinamiese afrigtingspan wat verseker dat Monnas tennis jaar na jaar kompeterend gespeel word.

Monnas neem aan verskeie gerespekteerde toernooie deel wat die Tuks Skolereeks insluit.

Monnas neem ook aan ligawedstryde in Pretoria deel om te verseker dat tennisspelers die maksimum blootstelling en wedstrydoefening kry!

Monnas beskik oor uitstekende fasiliteite wat onlangs opgegradeer is wat vier tennisbane insluit.

Verskeie van ons spelers word jaarliks in distrik- en provinsiale spanne opgeneem. 

 

Ed Murray is ons talentvolle afrigter wat die spelers drie maal ‘n week besig hou met fiksheid, spelpatrone en tegniekontwikkeling. 

 

2018 Prestasies

 

- Senior dogters wen Pretoria B2 -liga en junior seuns eindig 2de in Pretoria B1 -liga. 
- Michelle Jv Rensburg (o.19) en Aleksandar Simovski (o.15) word beide opgeneem in die Sentraal-Gauteng provinsiale span, o.19  en o.15 onderskeidelik.

- Aleksandar word ook verkies tot Nasionale Top 6.

Please reload

Our Recent Posts

WORD DEEL VAN MONNAS!

January 22, 2019

MONNAS KULTUUR

January 18, 2019

MONNAS TENNIS

January 11, 2019

1/1
Please reload

Tags

Please reload

  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon
  • White Instagram Icon
  • White YouTube Icon