MONNAS KULTUUR

January 18, 2019

 

 

 

 

Hoërskool Monument se Magneetskool vir musiek herdenk in 2019 sy 47ste bestaansjaar. Die musieksentrum, wat in 1972 sy ontstaan gehad het met slegs ‘n handjievol onderwysers en leerlinge, het die toets van die tyd deurstaan. Die sukses van musiekonderrig aan Monnas se Magneetskool word gemeet aan die groeiende hoeveelheid leerlinge wat jaarliks eksterne eksamens slaag, uitstekend presteer tydens deelname aan eisteddfods en ander groot musiekkompetisies en musiek as matriekvak aflê. Kwaliteitonderrig deur spesialisonderwysers is ‘n maatstaf wat ons met trots handhaaf.

 

Monnas se Magneetskool word beskou as een van die min departementele musieksentra wat werklik suksesvol funksioneer. Ons leerlingtal strek oor die 200 en leerlinge kan kies uit sewe instrumente waarin onderrig gegee word: Klavier, viool, sang, tjello, kitaar, blokfluit en dwarsfluit.

 

Musiekteoretiese onderrig is van uitstaande gehalte en ons onderwysers haal elke jaar Unisa se merietelys vir puik eksamenuitslae. Van ons simfoniese instrumentaliste word jaarliks gekies as lede van Simfonia Juventi, ‘n provinsiale jeugsimfonieorkes van uitstaande kwaliteit. Van ons besonder begaafde leerders tree ook gereeld as soliste met die Gauteng Filharmoniese- en Johannesburg Simfonie-orkeste op.

 

Die Monument Instrumentale Eisteddfod toon volgehoue groei met meer as 1100 inskrywings in 2018. Beoordelaars en deelnemers was eweneens beїndruk met die puik organisasie van die Eisteddfod, asook ons fasiliteite en die standaard van die deelnemers.

Ons leerlinge presteer ook by ander kunswedstryde. Carina Naudé was in 2018 die wenner van die Philip Moore-kompetisie. Suné Rennie is as die instrumentale wenner van RACA en Kids got Talent aangewys en die Tres Amici klaviertrio was die wenners van SAVMO se ensemblekompetisie.

 

By Monnas se Magneetskool is ons trots op elke individu wat hom- of haarself daartoe verbind om ‘n musiekinstrument te bemeester ter wille van die genot daarvan. Met dié uitgangspunt, sien ons uit na ‘n toekoms waar ons musiekmaak vir Monnas, maar ook vir die gemeenskap, ‘n pronkstuk sal wees.

 

Viva la Musica!

 

 

PRESTIGE KONSERT 2019

 

 

 

 

 

Please reload

Our Recent Posts

WORD DEEL VAN MONNAS!

January 22, 2019

MONNAS KULTUUR

January 18, 2019

MONNAS TENNIS

January 11, 2019

1/1
Please reload

Tags

Please reload

  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon
  • White Instagram Icon
  • White YouTube Icon