WORD DEEL VAN MONNAS!

January 22, 2019

 

Hoërskool Monument verstaan hoe belangrik dit is om te behoort - om deel te wees van iets soveel groters as jouself. 
Ons gemeenskap is meer as net ’n skool. Dis ’n familie waar ons omgee vir mekaar, waar ons seker maak dat elkeen alles ontvang wat hy of sy nodig het om suksesvol te wees in die lewe. Monnas is nie ’n gebou waar jy jou skoolloopbaan voltooi nie - dis ‘n kompas vir die toekoms.


Monnas wil graag saam met jou stap op hierdie pad.


Ons glo in ons ouers, ons kinders en ons personeel. Ons gee om vir mekaar en vir ons skool. Die Monnas manier is gevorm deur generasies van jong mense wat al deur ons gange gestap het. Vir amper 100 jaar lanseer ons skool die leiers, besigheidslui en sportsterre van môre. Ons onderwysers, afrigters en bestuur is van die mees ervare in die land, en ons prestasies op elke moontlike terrein spreek vanself. Ons wil jou nooi om deel te word van die Monnas familie.
Begin hier. Registreer jou belangstelling en/of behoefte om deel te raak. Kontak die skool deur middel van enige van die vele beskikbare kommunikasieplatfoms tot jou beskikking.


Beleef ons wêreld. Vergewis jouself van die wonderlike dinge wat op jou wag. Word solank opgewonde oor die geleenthede en ervaringe waarin jy kan deel. 
Besluit vandag. Maak die besluit om jou skoolloopbaan by Monnas te begin. Jou besluit is die finale stap om seker te maak jy belê in jou toekoms as ‘n leerder, of as jy ‘n ouer is, in dié van jou kind.
Kontak ons nou - gesels direk met Monnas oor jou volgende stap

 

 

REGISTRASIES 2020

 

Die Departement van Onderwys se aanlynregistrasies vir voornemende Gr 8's vir 2020 is vanaf 13 Mei tot 15 Julie 2019. Die webadres van die Departement van Onderwys waar u, u kind moet gaan registreer is www.gdeadmissions.gov.za.

 

Aansoeke om toelating kan slegs geldig wees indien daar ‘n Departementele aanlynregistrasienommer (‘WA’-nommer) toegeken is en dit op die aansoekvorm aangebring is.  Aansoek om toelatingsdokumentasie wat by Monnas beskikbaar is, kan voltooi word en dien as aanvullende inligting tot die amptelike aanlynregistrasie.

 

Afskrifte van die leerder se geboortesertifikaat, laaste rapport, 4 onlangse id-foto's, beide ouers se ID’s, bewys van fisiese woonadres moet ook die aansoek om toelating vergesel. 

 

REGISTRATIONS 2020

 

The Department of Education's online registrations for prospective Grade 8’s for 2020 are from 13 May to 15 July 2019. The web address of the Department of Education where you have to register your child is www.gdeadmissions.gov.za

 

Applications for admission can only be valid if a departmental online registration number ("WA" number) has been allocated and entered on the entry form. Application for admission documentation is available at Monnas and can be completed and serves as additional information to the official online registration.

 

Copies of the learner's birth certificate, last report, 4 recent ID photos, both parents' IDs and proof of physical residential address must also accompany the application for admission.

 

 

 

 MONNAS OPEDAG - ONS WAG VIR JOU!  KLIEK HIER VIR MEER INLIGTING!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Please reload

Our Recent Posts

WORD DEEL VAN MONNAS!

January 22, 2019

MONNAS KULTUUR

January 18, 2019

MONNAS TENNIS

January 11, 2019

1/1
Please reload

Tags

Please reload

  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon
  • White Instagram Icon
  • White YouTube Icon