MONNAS: WAARDES EN BESTAANSREDE

May 8, 2016

 

 1.  Trots

Ons voel trots op waar ons vandaan kom, waar ons ons tans bevind, en waarheen ons oppad is. Ons trots vind inslag nie net in hoe ons voel, dink en doen nie, maar ook in ons interaksies met ander. Ons besef ook ware trots is inherent nederig, en ons tree dienooreenkomstig op.

2.   Respek

Om vir onsself en vir ander mense respek te betoon is een van die basis beginsels van enige Monument leerder, ouer en onderwyser. Vriendelikheid, bedagsaamheid en hoflikheid is maar net ‘n paar van die praktiese maniere hoe hierdie waarde inslag vind in ons daaglike doen en late.


3.   Diensbaarheid

Ons is nooit te belangrik of te besig om tyd af te staan daar waar dit nodig is, en waar ons kan help nie. Deur altyd hulpvaardig te bly, is hoe ons omgee vir mekaar, en hoe ons mekaar se drome laat waar word.

 

 

Die doel en bestaansrede van Monnas beslaan verskeie aspekte: 


Die skool bestaan eerstens om op ons kinders en hulle behoeftes te fokus. Ons wil graag sien dat elke Monumentaar ‘n blinkoog kind is, wat beteken dat hulle sal uitsien om skool toe te kom, gelukkig sal wees, en genoeg selfvertroue sal kweek.

 

Tesame met die voorgenoemde wil ons ook sien dat elke Monumentaar die geleentheid het om hulle potensiaal ten volle te ontgin, hetsy op akademiese, sportiewe of kulturele vlak.

Dan bestaan ons skool ook vir die breër gemeenskap wat deel is van ons leerders se lewens, hetsy, ouers, onderwysers en ander belanghebbendes. Vir hierdie gemeenskap van mense wil ons ook ‘n plek wees waar hulle 
kan tuisvoel, behoort en by betrokke kan raak.

 

 

 

 

 

Please reload

Our Recent Posts

WORD DEEL VAN MONNAS!

January 22, 2019

MONNAS KULTUUR

January 18, 2019

MONNAS TENNIS

January 11, 2019

1/1
Please reload

Tags

Please reload

  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon
  • White Instagram Icon
  • White YouTube Icon